testimonials

«Hi Jaco,
Just quick feedback on the work you did for us.
We were really happy with the turn around time, as well as the work you did.
You came to see us the Saturday, 20th Aug, for a quote, which we accepted, on Monday you did a follow up call and we paid our deposit then.
On Thursday you called to set a date for the installation, which was the very next day, Friday.

The work was completed and we paid the balance on Saturday.
So from receiving the quote the carport was up in a week's time, under promise and over deliver.

Thanks»

- Amelia

«Aan wie dit mag aangaan

VERWYSING: MNR JACO MEYER, XPERT CARPORTS, ROOFING & CONSTRUCTION

Meneer/Mevrou/Mejuffrou

1. Mnr Jaco Meyer van bogenoemde firma het gedurende Julie en Augustus 2016 vir ons verskeie bouwerk gedoen by ons tweede eiendom nl Eldo Terrace 23, Hilton Laan, Eldoraigne, Centurion.

2. Die bouwerk het die volgende ingesluit:

a. Oprigting van ‘n afdak met ingeboude braaier.

b. Oprigting van ‘n dubbel motorafdak voor my motorhuis.

c. Oprigting van ‘n afdak tussen die motorhuis- en kombuis buitedeure.

3. Hy het versoek dat ons hom ‘n deposito van R25 956,65 betaal voor aanvang van sy werksaamhede wat ons gedoen het. Voor voltooing van die afdak en braaier en het hy twee betalings van R10 000,00 elk versoek. Die betalings was vir die bestel en aankoop van die nodige materiaal. Die balans is aan hom oorbetaal by voltooing van die werk.

4. Ons kan u gerusstel dat Mnr Meyer bewys gelewer het van sy integriteit en knap vakmanskap. Hy was daagliks teenwoordig by die bouwerk en oprigting van die afdakke en ek was baie tevrede met die hoë standaard van sy werk. Ek is ‘n puntenerige mens met ‘n kritiese oog en waar ek iets raakgesien het wat volgens my nie 100% was nie, was Mnr Meyer dadelik bereid om die verbetering aan te bring. Die eindprodukte is baie netjies en aantreklik.

5. Ek kan hom met ‘n geruste hart aanbeveel.

Die uwe»

- Henk Redelinghuys